Thursday 12 November 2009

MEJ. LAINGSBURG KOMPETISIE 28 AUGUSTUS 2009

Die aand van die kompetisie was ‘n groot sukses en het vreugde in ons almal se harte gebring om te sien hoeveel talent in ons dorp is. Net ‘n regstelling dat die jaar se kompetisie nie ‘n Mej. Karoo Marathon was nie, maar wel ‘n Mej. Laingsburg.

Die wenners was as volg: JUNIORS 14-16 jaar
1ste prinses is Lecresia Goliath
2de prinses is Caylinn Windvog

Mej. Laingsburg jnr.is
Vin-najhmee Claassen
En Mej. Persoonlikheid is Kayla Pieterse

Die wenners van die SENIORS was as volg: 17-25 jaar
1ste prinses is Johnicia v/d Westhuizen
2de prinses is Stevencia Schippers
En Mej. Laingsburg snr. is Lehandra Solomis

Bogenoemde wenners sal by elke Munisipale Funksie gebruik word om hulle beeld as wenners uit te straal.
Ons as Munisipale amptenare wil die gemeenskap ‘n Groot Dankie gee vir U ondersteuning want sonder U opkoms sou daar nie ‘n suksesvolle aand gewees het nie.

LAINGSBURG U ROCK!!

No comments: