Thursday 12 November 2009

KAROO MARATHON NUUS SEPTEMBER 2009

Baie geluk aan die organiseerders, ‘’ Die Laingsburg Team ‘’, atlete, borge en Laingsburg Gemeenskap vir ‘n wonderlike en suksesvolle marathon. Groot dank ook aan ons Hemelse Vader vir ’n suksesvolle en ongeluksvrye marathon . Ons Gebede is verhoor. Sonder Hom sou ons dit nie kon maak nie.

Die 39ste Karoo marathon was die suksesvolle marathon wat Laingsburg nog ooit opgelewer het. Die verskillende wedlope het baie goed afgeloop. Die eerste drie atlete wat die 10km gewen het, was nogal al drie Laingsburgers. Hulle het die wedloop gemaklik binne 42 minute voltooi. Geluk aan Christopher Oosthuizen , ( 1ste ) Jeandre Alexander ( 2de ) en Griffon Maarman vir die 3de plek in die 10km. In die 10km wedloop het 25 atlete voltooi.

Die eerste drie atlete wat die 21,1km wedloop voltooi het binne 1uur en 20 minute voltooi. 1ste plek : Fabian Faro van Mitchellsplain, 2de plek: Clifford Drury van MR Price WP en die 3de plek was Kenneth Vermeulen van Spoornet atletiek klub. Die prysuitdeling van hierdie twee wedlope het stiptelik om kwart oor tien begin waarna ons ’n vinnige blaaskansie geneem het .

Lucas Nonyana, wat ook die Karoo marathon in 2005 gewen het, het weer die marathon gewen, en ook sy tyd verbeter met 2min en 51 sekondes. Frans Kutu wat ook van Nedbank het in die tweede plek geeindig en Zwelithini Vaphi van Germiston het in die derde plek geeindig.

Die vroue het vir ’n lekker verrassing gesorg toe Linah Mhlongo in die algehele 9de plek as die eerste vrou die marathon voltooi het . Dit is die eerste keer in die geskiedenis van die Karoo Ulta, dat ’n vrou in die eerste tien eindig. Xoliswa Bici al die pad van Transkei was in die tweede plek en Martha Pretorius was in die derde plek.

Baie geluk aan René Smith wat as eerste Laingsburg dame die Karoo Ultra voltooi het. Ek hoop jy is ’n aansporing vir Laingsburg se dames. Die eerste Laingsburg man was Johannes Spannenberg, die tweede een was Piet Plaatjies en die derde Laingsburger was Hendrik Pieterse. Die Laingsburgers het dus ook die Span beker in gepalm . Baie geluk aan al die atlete van Laingsburg atletiek klub. Julle maak ons baie trots.

Mag ons in 2010 nog ’n groeter klub wees met meer uitdagings. Ek sê nog steeds die Karoo marathon kan deur ’n Laingsburger gewen word.

Volgende keer gesels ons oor die nuwe roete vir die 80km en hoeveel wedlope ons op 11 September 2010 gaan aanbied.

Ongelukkig moet ek groet en julle moet wag tot die volgende uitgawe verskyn.

Groete Petro Buys

No comments: